Die Johann Rossouw-gespreksreeks: oor verdiepende samewerking in die Afrikaanse wêreld – gedagtes na aanleiding van Kaapse Forum se derde Hoeriekwaggo-beraad

“Daar kan sekerlik talle redes vir hierdie groeiende onderlinge begrip uitgewys word, waarvan onder meer die volgende: die moeite wat die Afrikaanse media doen om die wel en wee van alle Afrikaanstaliges te belig; die rol wat die kunste speel om onderlinge begrip en versoening aan te help; inisiatiewe vir bemagtiging onder bruin Afrikaanstaliges deur tradisioneel oorwegend wit instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Dagbreek-trust; en die tallose gesprekke en inisiatiewe oor die afgelope twee dekades en meer onder die vaandel van die ATR en die Afrikaanse Taalmonument.”