Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito

“Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek.”