Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die sonderlinge lewe en werk van René Girard – oor Benoît Chantre se René Girard – Biographie

“’n Mens sou dink dat Girard veel bekender en invloedryker in die Afrikaanse wêreld sou wees as wat die geval is, naamlik eerstens dat hy enorm belangrike werk oor die letterkunde en die literêre teorie gedoen het, en tweedens dat hy anders as feitlik al sy Franse tydgenote (behalwe Ricœur) nie net gelowig was nie, maar eksplisiet vanuit ’n Christelike raamwerk ’n absoluut unieke korpus werk gelewer het.”