Die Jakes Gerwel Stigting en Passa Porta internasionale letterkundehuis in Brussel-residensie: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé

“Somerset-Oos is ’n Oos-Kaapse dorp. Dit is een van die vormendste streke van Suid-Afrika ten opsigte van ons moderne geskiedenis. ’n Bepaalde misterie omklee die wêreld hier, ’n ‘binnensmondsheid’, ’n historiese gemompel, ’n helderoordagse slaaplopendheid, iets wat jy dink jy van geweet het, maar eintlik net halfpad van gehoor het.”