Die historiese ontwikkeling van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste, byeengebring vanuit die mees onlangse literatuur

“Daar sou nie sprake kon wees van die skepping, bewaring en ontwikkeling van ’n Westerse samelewingsorde as dit nie vir die dinamiese ontwikkeling en institusionele teenwoordigheid van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste was nie.”