Die hede van klassieke musiek: ’n onderhoud met Kristi Boonzaaier

“Klassieke musiek is ’n fantastiese medium van musiek wat ’n sterk impak op baie mense se lewens maak. As kunstenare is dit ons verantwoordelikheid om te verseker dat die musiek betekenisryk en relevant bly vir ons gehore.” Op 4 Augustus gaan Kristi Boonzaaier se komposisie vir die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, naamlik Ode to Madiba, by die Winter Symphony Season 2018 Festival opgevoer word.