Die eenvoud van dinge

“Toe my ma, broos en breekbaar uit die aftree-oord se siekeboeg by my aankom, het ek haar bederf met ’n sny varsgebakte brood met ’n dik laag avokado, gegeur met sout en varsgemaalde swartpeper. Dis waarvan sy gedroom het, het sy so tussen die happe deur gesê, dit was heel bo aan haar emmerskoplysie.”