Die eenpersoondrama: ’n onderhoud met Nicola Hanekom

“Die meeste drama is op konflik gebaseer. Omdat daar net een karakter is, moet die konflik binne die karakter afspeel. Hoe dan anders? Die gehoor sien die worsteling omdat die karakter die moed het om die masker te laat glip en nie op te sit nie.”