Die digitalisering van NALN se knipselversameling: jongste verslag

“Sedert Junie vanjaar is daar met befondsing vanaf LitNet begin om die versamelings te integreer terwyl die digitale versamelproses voortgaan. Deurgaans word gepoog om die beste moontlike kopie te versamel, maar dit is reeds duidelik dat die meerderheid knipsels in NALN se besit nie meer aanlyn verkrygbaar is nie, wat juis dui op die waarde wat NALN vir navorsers inhou deur materiaal te bewaar wat andersins verlore (sou kon) gaan.”