Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 1: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

“My doktorale navorsing het gefokus op Breytenbach se loopbaan as openbare figuur en skrywer en is later uitgebrei in ’n boekpublikasie. In hierdie monograaf doen ek uitgebreid verslag oor die publikasie en resepsie van sy oeuvre tot aan die einde van die 1980’s. In 2012 verskaf ek op LitNet ’n breë kartering van sy uitgeegeskiedenis tot op daardie stadium. Hierin het ek tussen drie plaaslike fases onderskei en dit oorsigtelik toegelig. Vandag meen ek dat daar ook ’n vierde produksieperiode onderskei kan word, veral na 2019, met publikasies buite die hoofstroom en op aanlyn platforms soos LitNet en Versindaba.”