Die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium: Die voortgesette tersaaklikheid van ’n intellektuele tradisie

“‘Swart’ kan in dié opsig ’n beweegruimte skep waarin die diskoers rondom Kaaps as ‘onafhanklike bruin taal’ produktief teengewerk kan word. Dit was in hierdie opsig ook opvallend dat die kernvoorstanders van die Kaaps-as-onafhanklike-bruin/Kullit-taal-diskoers nié by SAS5 teenwoordig was nie, ten spyte daarvan dat vele van daardie individue op die een of ander wyse aan UWK verbonde is en aan vorige simposiums deelgeneem het.”