Dertig jaar in limerence – Elthea

“Ek was ongeveer 30 jaar in die wentelbaan van ’n hopelose liefde. Ek het lank geglo my aandagspan is maar net kort, want my verhoudings het, soos selfoonkontrakte, nooit langer as twee jaar geduur nie. Maar die waarheid was dat my hart aan een vrou behoort het.”