COVID-19: Ongelykhede in die onderwysstelsel

“Wat ons egter móét weet, is dat Suid-Afrika die mees ongelyke samelewing in die wêreld is, met twee wêrelde – die een wat die rykes verteenwoordig, en die ander die armstes van die armes. Hierdie twee wêrelde is onvergelykbaar. Wat in een skool as vanselfsprekend aanvaar word, is by ’n ander skool ’n uitdaging.”