Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

“Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is.”