Cape Malay-uitdrukkings – ’n Jawaab-glossary

“Cape Malay Afrikaans is ’n mengelmoes van creativity, comedy, liefde, history en spirituality. Om Malay Afrikaans te ve’staan issie eintlik ’n kop-dingie. It’s a very here and now thing, en as djy wil reg jawaab moet djy vining inval! Soe as djy virrie ee’ste kee ’n boeta of ’n tietie of ’n galatie of ’n punkie oppie Cape Flats raak sien, hie is ’n list of guidelines wat djy kan faam maak om saam’t hulle te praat.”