By die dood van Johan Degenaar (1926–2015)

“Tydens Johan se loopbaan as Stellenbosse akademikus was daar ‘n breuk tussen die Afrikaner se godsdienstige en politieke oortuiginge. Waarop hy as politieke filosoof gewys het, was dat ‘n mens jou sake in die hiermaals in orde moet kry alvorens jy met die hiernamaals te koop mag loop.”