Bruno Andries se Naledi-vertaling van Die klein prinsie: ’n onderhoud

“Die tydloosheid van die verhaal het uitgestaan. Die fyn spot van Saint-Exupéry met mense wat dink hulle doen belangrike dinge is vandag geldiger as ooit. Die mallemeule van die daaglikse bestaan laat mense vergeet wat regtig belangrik is in die lewe. Dis ook duidelik dat dit nie eintlik ’n kinderverhaal is nie. Kinders en volwassenes kan dit lees en op verskillende vlakke waardeer.”