Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Louise Viljoen

By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre.

Louise Viljoen: “Dit is iets van ’n truïsme om te sê een van die mees opvallende eienskappe in Breytenbach se poësie is die spanning tussen hartstogtelik leef en weemoedig of weerbarstig wag op die dood.”