Breyten se lewensviering in Wellington: ’n lewe van woorde en vryheid

“Mens sou kon gesê het: ‘Stil broers, daar gaan ’n man verby’ toe daar die afgelope Sondag by die Breytenbach Sentrum in Wellington hulde gebring is aan Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui. Maar stilte was nie van pas nie. In Ounooi se tuin by die Bôrdienghuis waar Breyten grootgeword het, was daar ’n feestelike atmosfeer om sy lewe te vier. Sy teenwoordigheid was te tasbaar, sy nalatenskap te ryk om hom stil te huldig.”