Bloujare se stories is goeie ontsnappingsleesstof in die kontreiverhaal-tradisie

Die omslagfoto van George Weideman se Bloujare se stories gee ’n goeie aanduiding van waarmee die leser te make het in hierdie bundel verhale: die wêreld van die Noord-Kaap en die skepsels wat daar gevind word.