Blonde poison by die Baxter: ’n teaterresensie

“Ek kry nie simpatie met Stella in enige hoekie van my wese nie. Nie eers toe sy die gehoor vra wat hulle sou doen om te oorleef nie. Die besoek aan Auschwitz en Oradour-sur-Glane is ewe skielik weer glashelder en ek voel die walging wat ek daar gevoel het, weer in my keel opstoot. Gelukkig breek die applous dawerend uit en elke siel staan uit hul stoel op.”