Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer: ’n bespreking van ’n koerant as kaleidoskoop oor 50 jaar

Beeld 50 is ’n blik op die ágterkant van daardie fassinerende tapisserie van die lewe wat ses dae van die week, blad vir blad, van die voorblad tot die sportblad, geweef is. Daar waar die knope, letterlik en figuurlik – gemaak word om uiteindelik die koerant van die dag te vorm. Vandag: Of dit knope is vir ’n gedrukte koerant of ’n digitale koerant.”