Bargoens

“Teen die aand hoor hy Jamila se stem buite die venster. Sy staan daar tussen die wingerdstokke, onder ’n gerfie sterre. Sy wink hom nader. Op haar rug is ’n bondel klere en stukkies huisraad: tonteldoos, ketel, slagmes, braaipan, teeblik, kooigoed en watersak. Ook ’n kardoesie growwesout, droëvrugte, tabakrolle, bokkoms en ’n boesel broodmeel.”