Baie dankie aan die LitNet-span

“Toentertyd was dit Etienne self wat die SeminaarKamer hanteer het, en intussen het SeminaarKamer uitgegroei tot LitNet se algemene Meningsafdeling vir nie-geakkrediteerde artikels, asook boonop LitNet Akademies, LitNet se afdeling vir geakkrediteerde akademiese navorsing. Ek was destyds in die wolke. Nou is dit 25 jaar later en as ek terugkyk was dit inderdaad die begin van Die skerpgevylde oomblik. Hoe dankbaar is ek daarvoor. Vir die platform vir gesprek en publikasie.”