ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.