Antoinette Kellermann gesels oor die oerkluts kwyt

“Die jonger mense wat deel is van die oerkluts kwyt, soos Frieda, Anna, Lungiswa en Nomapostile, wat elkeen ’n uitsonderlike oor vir gevoel en ritme het, was soos ’n veilige vangnet wat my kon toelaat om my ten volle oor te gee aan die digter se beeldskone taal en die musiek van haar woorde. ’n Projek soos dié is uiteindelik ’n ensemble van almal wat hul kreatiwiteit met groot vrygewigheid en sonder perke deel.”