“Aan die regering, en aan Pandor as een van die invloedrykste stemme in ons onderwysdebat, sou ek sê: Die onus om hierdie derde weg te bou, rus nie op ’n privaat gemeenskap wat sy eie tekort regstel nie, maar op die staat wat 30 jaar lank nagelaat het om dit te doen. As julle regtig ’n verenigde Suid-Afrika wil bou eerder as een wat langs taal- en raslyne uitmekaar val, is die antwoord nie om Akademia te veroordeel nie, maar om te bewys dat ’n beter, inklusiewer model moontlik is – en te begin deur die taaldata te bou waarsonder geen KI-gedrewe derde weg ooit tot stand sal kom nie.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed