Agentskap van die slavin: ’n onderhoud met Shamiega Chaudhari

“Die onderdrukte stem moet oopgevlek en hoorbaar gemaak word. Hoewel in die geval van Philida (en dit geld seker ook vir alle slawe) daar nie vir die slavinne gepraat kan word nie en hulle stories slegs agterhaal kan word, is dit tog belangrik dat ’n beeld van hierdie onderdrukking geskep en die stiltes verbreek word.”