Afrikaansstudente se persepsies en gebruik van WhatsApp as platform vir (taal-)leer: ’n nuwe norm(aal)?

“Studente se interaksie met die lesinhoud, medestudente en tutors is tot ’n groot mate deur toeganklikheid beïnvloed. Hulle het die verpakking van die lesinhoud in die vorm van ’n Word-dokument en stemnota positief ontvang. ’n Gebrek aan toegang tot Wi-Fi en data het egter ’n negatiewe invloed op hulle leerervaring gehad.”