Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat

“Dialekte geniet maar nog steeds slegs beperkte aandag in die Afrikaans-klaskamer, en daarmee saam is die sosiale evaluering van dialekte ook nie altyd gunstig nie. Dialekte word dikwels eerder gesien as ’n besoedeling van die standaardvariëteit, eerder as wat dit as ’n hulpbron gesien word wat waarde tot die verwerwing van die standaardvariëteit kan toevoeg.”