Adéle

“Wat het verkeerd geloop? Ek was dan so goed in Latyn. In my eerste eksamen in standerd ses 99% gekry. En nou? Ek het toe nog nie besef dat daar iets groots verkeerd was en dat ek my binnekort in ’n dwangbaadjie van donker magteloosheid sou bevind nie.”