Adam Small en die jeug: "(Hulle) praat oor afstande, jare, drome en die dood heen."

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Steward van Wyk het die gedenklesing op Saterdag 21 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.