Aardklop 2019: Die drie groot K’s

“Die drie moet-sien K’s vanjaar by Aardklop is Katvoet, Kamphoer en Koningin Lear. Uit hierdie drie toneelstukke uit die boonste rakke en soveel ander topproduksies, is daar gewis iets wat ’n ieder en ’n elk se smaak sal geval. Behalwe dat gesoute spelers die toon aangee in al drie produksies en wys waarom hulle deel uitmaak van Suid-Afrika se beste akteurs en aktrises, word die produksies aangevoer deur van ons beste skrywers en regisseurs. Die produksies is gelaai met tonne emosie, soms seer, soms bitter komedie, maar deurspek met waarheid waarmee elke mens kan identifiseer.”