Aantekening: Kan munisipale wetstoepassingsbeamptes goedsmoeds op die publiek losgelaat word?

“Gesien in die lig van die feit dat die magte en bevoegdhede van munisipale wetstoepassingsbeamptes so drasties uitgebrei is, behoort die Polisiewet gewysig te word om voorsiening daarvoor te maak dat die Nasionale Kommissaris, soos in die geval van munisipale polisiebeamptes, nasionale standaarde vir die opleiding van munisipale wetstoepassingsbeamptes kan vasstel.”