60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel

“Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories.”