Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

“Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak.”