Wiskunde met LitNet-video, graad 8: optel en aftrek van breuke

Is jy in graad 8 en wil jy liewers YouTube-video’s kyk as om skoolwerk te doen? As jy hierdie video aangaande skoolwerk kyk, sal jou ouers sommer baie bly wees. Boonop sal dit jou met jou skoolwerk help! In hierdie gratis Wiskunde-video deel Lee-Ann Langeveld wenke met graad 8-leerders oor optel en aftrek van breuke.