Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

As jy in graad 10 is en die letters “x” en “y” laat jou dink dat die alfabet einde se kant toe staan, is jy reg. Die kwartaal is ook amper verby en dis tyd om vir die algebra-toets voor te berei. As jy hierdie gratis vraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld opgestel het aflaai, gaan jy voorbereid wees vir jou toets. Dis die alfa en die omega van die saak!