Winter van 1972

“Die opname in ’n psigiatriese hospitaal was oorweldigend.  Die een oomblik is jy nog besig, hoewel al hoe minder so, om matriek te probeer deurkom, die ander oomblik bevind jy jou tussen mense wat anders siek is as die gewone.”