Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

“Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie.”