Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak

“Enige persoon wat inkomste verdien uit die vrugte van hul kreatiwiteit, soos ’n skrywer, benodig wetgewing wat dit vir hulle moontlik en volhoubaar maak. Kopieregwetgewing moet dus aanhou om kreatiwiteit te beskerm en skeppende mense aanspoor om aan te hou skep en vernuwe (want die samelewing in die geheel vind baat daarby).”