Vrouens en die "celebrities"

  • 4

Dit is onverskoonbaar om iemand dood te maak, punt. Of jy nou OJ Simpson, Phil Spector of wie ook al is. So ook is dit onverskoonbaar om die blaam op die slagoffer te verplaas. Dit is nie boere wat skuldig is aan hul eie moorde op plase nie. Dit is nie vrouens se kort kort rokkies wat tot verkragtings lei nie, fienies en klaar.

Dis eenvoudig: Niemand verdien dit om doodgemaak of gewelddadig aangeval te word deur ‘n medemens nie.

Tog is dit andersyds so dat daar vrouens is wat hulself willens en wetens in gevaarlike situasies begewe met bekende mans, bloot ter wille van die mans se bekendheid. Is dit miskien omdat hulle roem en rykdom begeer, en omdat mooi vrouens hul voorkoms as’t ware wil “cash in”? Want kom ons wees eerlik: “Celebrities” is nie noodwendig gawe outjies nie. ‘n Atleet met ‘n reputasie vir dreigende optrede, is bv kwalik ‘n droomman vir ‘n hoogs-intelligente en hoogs-gekwalifiseerde vrou. Jy as vrou soek kennelik vir moeilikheid as jy Mike Tyson wil “date”, gegewe Tyson se reputasie vir gewelddadige optrede. Tyson het immers iemand se oor afgebyt. Is hy aantreklik vir vrouens, bloot omdat hy bekend is, of omdat hy sterk is?

Waarom is dit so dat daar gevangenes op “Death Row” in die VSA is, met vrouens wat smoorverlief op hulle is? Waarom is daar “bad boy celebrities”; ook diegene met ‘n reputasie vir geweld, wat nietemin konstant een of ander model aan hul sy het? Verbeel die vrouens hulle gaan sulke mans verander? Of is dit ‘n siniese berekening dat ‘n blote assosiasie met ‘n “celebrity” jou eie loopbaan tot voordeel gaan strek? Jy kan kwalik ‘n intellektuele gesprek met Mike Tyson wil voer, en jy kan kwalik dink hy gaan jou met menswaardigheid behandel, al is jy hoe mooi. Waarom jouself dan met hom wil ophou?

Vrouens se liberation sal eers waarlik voltrek word die dag as veral mooi vrouens nie meer op die rug van bekende mans wil ry, bloot om hul eie loopbane te bevorder nie.

Anton B.

  • 4

Kommentaar

  • Anton

    Welkom terug.  Nou kan ons twee weer van vooraf koppe stamp.

    Ek is seker dat Jan Rap hom vergril aan jou Engelse en Anglisistiese inlywings in jou brief hierbo, of te wel hoe jy jouself soos Afrikaners hul vandag normaalweg uitspreek.

    Ek's nuuskierig. Voor 9 Feb 12 was jy 'n kranige rubriekskrywer op PRAAG. Wat het gebeur dat jy sedertdien niks verder geskryf het nie?

    Ek let op dat Praag se ander rubriek skrywers ook drasies afgeneem het, met net Dan en Joseph steeds aan die gang.  Dat Dan se lesertrefslae oor dieselfde tydperk tot ver onder die 1000 afgeneem het.  Van Praag jeugleier en TV niks te hore nie.  PRAAG het heel duidelik agteruitgegaan, met wanhopige pogings om rekruite in te wen.
    Jaco Fourie

  • Anton, ek stem volkome met jou oor die aangeleentheid saam. Ek het al paartjies gesien wat ek wragtig nie dink saam hoort nie, maar as jy agter die kap van die byl kom verstaan jy gewoonlik nog steeds nie. Ek noem dit die Skoonlief en Ondier pare. Ek steek my kop in 'n bynes. In die meeste gevalle het die manne baie geld, aansien of iets wat ek nie van weet nie, en die pop is maar net 'n versiersel. Net so met beroemde, bekende en berugte knape. Die dames hang aan hulle of loop in troppe agter die manne aan. Dit is nie suur druiwe nie, maar gewoonlik is die pop ook nie die skerpste mes in die laai nie. Ek veralgemeen nou erg maar dit is slegs my waarneming. Jy kry die uitsonderings op die reel maar dit is maar dun gesaai. Die teenoorgestelde is ook waarneembaar. In my prille jeug het ek ouer dames vergesel, sonder vergoeding, en dit nogal geniet. Hulle het nie gemoedsbekakkings gehad nie en het geweet waaroor die wêreld gaan, was wys en vol selfvertoue. Geen beroemdes, rykes of berugtes nie. Almal se geld is 'n euwel. Geld is net 'n betaalmiddel, die mens is euwel. Ek het dit al beleef dat dames openlik flankeer as hulle sien in wat se motor jy ry en hoe jy aangetrek is. Dan praat hulle van mans wat op die uiterlike konsentreer. Alhoewel die aarde rond is spyker die mense om elke hoek en draai.

  • Anton

     

    Jy is heeltemal reg. Een of ander bekende Amerikaanse aktrise ... ek dink dit was Zha Zha Gabor, het gesê:"There is no such thing as an ugly millionaire". Dit som nogal die gedrag van baie vrouens wat so agter bekendes en rykes aandrentel,op.

     

    Groete

     

    Perdebytjie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top