Voorstelling van Adam Small tydens onthulling van borsbeeld

“Op die Kaapse Vlakte, deur die wynlande van Stellenbosch, tot ver anderkant Wellington se berge, en oor die Karoovlaktes weerklink die verse van Adam Small. ’n Bronsbeeld ter ere van Small, asook hierdie huldigingsbundel deur die Suid-Afrikaanse Akademie, is gepaste erkenning vir ’n man wat lank in sy eie land misken is terwyl hy eintlik sy tyd ver vooruit was. “