Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak

“Terselfdertyd […] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n ‘redelik ingeligte persoon’ waarlik ’n uitsondering op die reël maak.”