Vonnisbespreking: Die tragiese gevolge van onbevoegde polisie-optrede – die hof maak (te) korte mette met flou verskonings

“Die polisie se rekord wat betref siviele eise wat teen hulle ingestel is deur diegene wat aan die kortste end getrek het weens hul optredes wat wissel van aanranding en verkragting tot die nalatige versuim om hul beskermingsplig uit te oefen, sien daar ook beroerd uit …”