Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders?

“Die keuse van geskikte leesmateriaal vir die adolessenteleser, maar ook die geskikte keuse van skoolvoorgeskrewe werke, kan nie genoeg beklemtoon word nie. In die keuse van hierdie leesmateriaal behoort die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessenteleser in ag geneem te word.”