Vlerke vir almal deur Marion Erskine: ’n onderhoud

“Dis so maklik om nou op ’n tamatiekissie te klim en jou opinie vanuit die veiligheid van jou huis te gee. En dis nóg makliker om so ’n kuberboelie se kommentaar te like en saam te lag wanneer daar nie vir jóú gelag word nie. My ma het my egter een ding geleer: ’n Grap is ’n grap wanneer albei partye lag.”