Vir Brianvds, Thomas en Jaco – politiek hierdie keer

  • 5

Jammer oor hierdie laat kommentaar; ek sien nou eers julle kommentaar onderaan my brief aan Thomas op 20 November 2012. 

Thomas, jou vraag: "En julle oplossing vir een-mens-een-stem waartoe die meerderheid van ons bevolking hulle sou verbind was nou weer??" het ek al baiemaal geantwoord.  Hier's hy weer:  Demokrasie, met ander woorde, regering vir die volk deur die volk. 

Miskien maak 'volk' jou deurmekaar so laat ek dit verder omskryf:  Regering vir die onderskeie volke deur die onderskeie volke.  Bietjie verdere agtergrond, 'n volk is 'n groep mense met 'n gegewe kultuur.  Soos 'kuns' is 'volk' en 'kultuur' nogal moeilik om te omskryf maar desondanks weet elke mens baie goed, en ek bedoel BAIE GOED, wat dit is.

Wat 'n volk NIE is nie, is 'n diverse groep mense saamgegooi in 'n arbitrêr-begrensde gebied.  Dit is ook nie 'n groep mense as sodanig verklaar per dekreet nie.  Die pous, dominee Van der Merwe, pastoor Jones, die VN, die Broederbond of die Sons of England kan dus nie 'n stuk papier teen 'n paal vasspyker waarin daar verklaar word dat almal tussen breedtegrade p en q en lengtegrade r en s vanaf 'n sekere datum nou nasie (of volk) pqrs is nie.

So, Thomas, die kort antwoord is outonome state, presies soos Swaziland en Lesotho byvoorbeeld reeds is.

Brianvds, het die ekonomie werklik die afgelope tyd konstant gegroei in reële terme?  Indien dit wel die geval was, was dit in elk geval nie genoeg om die land aan die gang te hou nie want daar is net nie genoeg geld om die infrastruktuur te onderhou nie, wat nog uit te brei.  Onderwys, hospitaaldienste, elektrisiteits- en watervoorsiening, paaie, openbare werke, alles, is moer toe (verskoon my Boers).  Dit laat my dink aan die kind wat sy punte van 20% na 40% verbeter het en hy kry die prys want die ou wat van 80% na 90% verbeter het se styging is kleiner.

Daar is 'n paar foute wat gemaak word wanneer die teenswoordige toestand takseer word.  Een is dat die Afrikaner 'n wrede onderdrukker was.  Dis verkeerd; die Afrikaner het nog nooit op enige stadium iemand onderdruk nie.  Die ANC byvoorbeeld is in 1912 gestig toe die woord 'Afrikaner' nog nie eers heeltemal inslag gevind het nie en net mooi drie en 'n half dekades voor die Afrikaner 'aan bewind' gekom het (ek gebruik die aanhalingstekens want daar was ook Engelssprekendes wat vir die NP gestem het).

'n Ander fout is dat die Engelse die bevryders van, en die kampvegters vir, swart regte is.  Dis verkeerd, die Engelse was die viskoppe van die geskiedenis en enige 'menseregte'-aksies bedryf deur hulle is halsbandjie- eerder as hondjiegerig.

Nog 'n fout is dat, wat ookal chronologies later is, beter is; die verlede is sleg, die hede is goed.  Dit is nie noodwendig so nie; kyk byvoorbeeld na die posisie van die Afrikaanssprekende en die Afrikaner spesifiek in die land vandag.  Ons is persona non grata, ons word afgejak, ons universiteite en kolleges het verdwyn, ons skole is besig om te verdwyn en ons is ongemaklik om ons taal te praat, voel dis polities nie korrek nie. 

Kyk na die benutting van ons bronne; dit bestaan nie, dit word uitgevoer en/of gebuit deur fat cats, van renosters tot erts.  Vergelyk ons infrastruktuur met wat dit was – paaie is nou verstop want treine vervoer nie meer vrag nie, die lugdiens is 'n skadu van wat hy was, so ook die spoorweë en al die semistaatsinstansies soos die SABS, Eskom, die WNNR, Veeartsenydienste (Onderstepoort) ens ens.

En met al hierdie moet ons verlief neem want ons, of ons ouers of grootouers, was lelik in die verlede teenoor die swartes.  En ons moet 'positief' wees.  En dis nuut en ons moet 'beweeg met die tyd'.  En ons mag nie kla of kritiseer nie want dit is maar ons lot; ons moet berus want dit is nou maar so soos dit is. 

Onsin man, ons hoef nie hierdie stront te vat nie.  Terloops, jy praat van die jare tagtig – teen daardie tyd is dit lankal al besluit dat die swart regering kom, groot instansies het toe al begin kantoortoemaak en oorsee geskuif.

Jaco, soos jy sê, die ouens wat DOEN word gekritiseer en verguis, soos Dan Roodt byvoorbeeld.

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • Jan Rap:

     
    Ek weet nie genoeg van ekonomie om eintlik veel daaroor te kan sê nie. Maar ek kan self nie juis kla oor my situasie nie, vergeleke met hoe miljoene ander mense leef.
     
  • Jan Rap

     
    Ek glo natuurlik nie die meerderheid van die deelnemers by Kodesa sou destyds in so 'n ondervredeling van SA in volkstate ingekoop het nie. Om egter nou daaroor te bespiegel is soos om te sê: "as Bryce Lawrence nou net nie........"
     
    Die meer sinvolle debat sou egter wees om 'n strategie, binne die raamwerk van die huidige grondwet, uit te werk wat my as Afrikaner en Suid-Afrikaner pas.
     
    Groete in die feestyd
    Thomas
  • Brianvds
    Al gaan dit hoe sleg is daar altyd iets om voor dankbaar te wees; daar sal altyd iemand wees met wie dit nog slegter gaan.  Die witbrood-onder-die-arm is 'n relatiewe begrip. 
    Die saak staan so, Brian; 'n ou kan nie my goed vat, dit deur sy gat trek en dan nog maandeliks my geld vat om die ook deur sy gat te trek nie en dan, wanneer ek beswaar maak, my probeer wysmaak dat dit oor die 'bagasie vanuit die verlede' gaan, ek skuld hom en buitendien, ek moenie kla nie want daar is mense met wie dit slegter gaan.

    Thomas
    Kodesa, lyk dit vir my, is iets waarin die Afrikanerregering gedwing was om die afneem van swieties te bewerkstellig (jy kan mos die Amerikaanse uitdrukking taking candy from 'n kid).  Buitendien, ek weet nie hoekom noem jy nou juis Kodesa nie want daar was reeds 'n onderVREDEling (jou vingerfoutjie is toevallig heel gepas).  Met Kodesa is toe die ondervredeling weggeneem en verander in 'n onderRUSIEling soos jy aan die teenswoordiege toestand kan sien.
    Nog 'n ding Thomas, as die 'huidige grondwet' ietsie meer werd was as die papier waarop hy geskrywe is was geen uitwerk van 'n strategie nodig nie.  Dis juis omdat die grondwet so openlik verkrag word dat selfs die 'liberaal-demoktaiese' Afrikaners dit ook begin raaksien.
    Prettige feestyd vir jou ook.
    Terloops, hoe ver is jy met daardie Ph.D?  Sterkte daarmee ook.

  • Jan Rap

     
    Ja die verkragting en voortdurende minagting van die grondwet deur die huidige regering is 'n enorme probleem. Ons as minderhede het juis 'n strategie nodig omdat die meerderheid van die bevolking op die oomblik nog hierdie patetiese regering ondersteun. Ek sou graag met jou hieroor wou gesels in die nuwe jaar.
     
    Ek behoort die PhD gedurende 2013 af te handel. Dis 'n enorme taak en omdat dit in die bestuurswetenskappe is, is dit in omvang heelwat meer as 'n suiwer tegniese PhD. Vir die eerste keer in my lewe het ek werk saamgebring Ballito toe!!! Op 60-jarige ouderdom begin van die ratte al stram raak en was dit nie dat ek dit verpes om dinge nié klaar te maak nie, het ek al lankal my strandstoel permanent nader getrek en voltyds skoor gesoek op die Sê.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Jan Rap, ja, daar is allerlei probleme met korrupte politici en so aan. Dit het in die ou Suid-Afrika ook maar so gegaan. Dit gaan so selfs in vele westerse lande. Nou nie juis iets om verheug oor te wees nie, maar ek het ook nie altyd die energie om daaroor te kla nie. Dit help in elk geval niks, so nou fokus ek maar my energie op dié paar dinge wat my interesseer en vir my persoonlik sinvol is.

     
    Ek dink nie die land is op die punt om in duie te stort nie, maar as hy is is daar in elk geval niks wat ek daaromtrent kan doen nie. Dan hoop ek maar hulle het werk vir amateur-filosowe in Mosambiek of Botswana. 
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top