Veeltaligheid wêreldwyd: ’n oorsig van ’n onlangse werkswinkel

“In die Vaaldriehoek is daar ’n nuwe gebruik vir Afrikaans. Die kinders van Kongolese migrante wat die taal op skool aanleer, het ontdek dit dien goed as ’n kodetaal, een waarin hulle met mekaar kan konnekteer sonder dat ander mense, veral hul ouers, hulle kan verstaan.”