Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas

“Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan.”